Herontdek die Web
Gee ons 5 minute en ons gee u die wêreld! Kom ons vertel u van die funksies en voordele van Firefox in 5 vinnige, maklike stappe.
GetFirefox.com Laai dit gratis af
Firefox is een van die beste webblaaiers op die planeet om te verpersoonlik; u kan maklik Firefox aanpas vir u eie behoeftes vir die beste Internet-ondervinding. Temas laat u toe om die blaaier se voorkoms aan te pas, terwyl uitbreidings u van verbeterde funksionaliteit voorsien.
Mozilla Update stel 'n groot verskeidenheid temas en uitbreidings aan u bekend. Installasie is baie eenvoudig: kies wat u wil hê, klik "Install Now" en die funksie sal outomaties afgelaai en geïnstalleer word.
Oortjies is 'n kragtige funksie wat dit vinniger en makliker maak om die web te deurkruis. Aangesien u 'n verskeidenheid webblaaie binne 'n enkele venster kan oopmaak, bly die werkskerm en taakbalk skoon en kan u aanhou lees terwyl ander blaaie in die agtergrond laai.
Die oorspronklike gebruikerskoppelvlak en sleutelbord-kortpaaie maak dit maklik om oortjies oop te maak en om tussen hulle te beweeg. Dit spaar tyd en help u om meer inligting vinniger te vind en lees. Druk bloot Ctrl+T, of middelklik 'n skakel om dit binne 'n nuwe oortjie oop te maak.
Firefox stop irriterende opspring-advertensies sodat u rustig verder kan gaan om die Internet te verken. Firefox plaas u in beheer as 'n webwerf probeer om 'n opspringer oop te maak - die inligtingbalk word vertoon om u te laat weet en u besluit of die opspringer vertoon moet word of nie. Die proses kan ook geoutomatiseer word sodat Firefox in die toekoms self die besluit kan maak.
Die soekbalk laat u toe om die Web te deursoek met behulp van enige soekmasjien. 'n Hele paar bekende soekmasjiene is alreeds vir u opgestel, en honderde meer kan bygevoeg word deur addisionele soek-inproppe.
Vind-terwyl-u-tik is 'n vinnige manier om die huidige blad te deursoek. Die vindbalk sal vertoon en die ooreenstemmende teks sal dadelik ingekleur word terwyl u nog tik. Dit sal u help om dit wat u soek, nog vinniger as ooit tevore te vind.
Internet Explorer-gunstelinge sal outomaties ingevoer word gedurende Firefox se installasie. Daarna sal hulle binne Firefox toeganklik wees onder Boekmerke, Firefox se ekwivalent. Lewendige boekmerke vertoon die nuutste hooftrekke op webwerwe direk in u boekmerkbalk of -kieslys. Die meeste webwerwe het alreeds ondersteuning hiervoor - kyk uit vir die oranje lewendigeboekmerk-knoppie regs onder in die venster om by hulle in te teken.